Logo-of-Afriforum-hiring-for-jobs-in-South-Africa-on-GrabJobs

Bestuurder: Gemeenskapstrukture

icon building Company : Afriforum
icon briefcase Job Type : Full Time

Number of Applicants

 : 

000+

Click to reveal the number of candidates who applied for this job.
icon loader
icon loader

Let AI Supercharge Your Job Hunt!

JobCopilot scans 500,000+ company career sites daily to find jobs for you

Never miss an opportunity Save hours by auto-filling applications forms Land more interviews with tailored applications
happy man
thunder iconActivate JobCopilot

Job Description - Bestuurder: Gemeenskapstrukture

AfriForum is op soek na ’n bestuurder van gemeenskapstrukture.

Hierdie posisie sal aan die hoof van AfriForum se gemeenskapsakeafdeling rapporteer, en sal verantwoordelik wees vir die bestuur van die gemeenskapstrukturepersoneelspan en van AfriForum se gemeenskapstrukture op grondvlak.

As bestuurder van gemeenskapstrukture sal die suksesvolle kandidaat die streekshoofde effektief bestuur om te verseker dat die nodige rigting, leierskap, ontwikkeling en ondersteuning aan die distrikskoördineerders op grondvlak voorsien word.

Die suksesvolle kandidaat sal toesien dat gemeenskapstrukture ontwikkel en bestuur word om gemeenskapselfstandigheid te verwesenlik wat sal bydra om Afrikaners as ’n gemeenskap aan die suidpunt van Afrika vry, veilig en voorspoedig te laat voortbestaan.

Sleutelverantwoordelikhede sal die beplanning, implementering en bestuur van effektiewe strategieë insluit wat sterk, selfstandige gemeenskapstrukture op grondvlak sal skep, asook die bestuur van personeel en prestasiedoelwitte.

Ons is op soek na iemand met sterk algemene en finansiële bestuursvaardighede, en uitgebreide ondervinding in die mobilisering en organisering van vrywilligers, die ontwikkeling en groei van gemeenskapstrukture, asook die beplanning en bestuur van gemeenskapsprojekte wat deur vrywilligers uitgevoer word.

’n Voltooide tersiêre kwalifikasie met drie tot vyf jaar bestuurservaring of toepaslike ondervinding in die bestuur en ontwikkeling van gemeenskapstrukture, asook betrokkenheid by AfriForum se gemeenskapstrukture is ’n minimum vereiste van hierdie rol.

Indien jy nie terugvoer ontvang binne drie weke ná die sluitingsdatum nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.

Original job Bestuurder: Gemeenskapstrukture posted on GrabJobs ©. To flag any issues with this job please use the Report Job button on GrabJobs.
Share Job
Share Job

Auto-Apply to Bestuurder: Gemeenskapstrukture Jobs with your AI JobCopilot

thunder icon Auto-Apply with AI

Similar Bestuurder: Gemeenskapstrukture Jobs in South Africa

GrabJobs is the no1 job portal in South Africa, connecting you to thousands of jobs fast! Find the best jobs in South Africa, apply in 1 click and get a job today!

Mobile Apps

Copyright © 2026 Grabjobs Pte.Ltd. All Rights Reserved.