Logo-of-Afriforum-hiring-for-jobs-in-South-Africa-on-GrabJobs

Reaksiebeampte (Insidentkoördineerder)

icon building Company : Afriforum
icon briefcase Job Type : Full Time

Number of Applicants

 : 

000+

Click to reveal the number of candidates who applied for this job.
icon loader
icon loader

Let AI Supercharge Your Job Hunt!

JobCopilot scans 500,000+ company career sites daily to find jobs for you

Never miss an opportunity Save hours by auto-filling applications forms Land more interviews with tailored applications
happy man
thunder iconActivate JobCopilot

Job Description - Reaksiebeampte (Insidentkoördineerder)

Forum Sekuriteit Dienste ('n inisiatief van AfriForum) is tans op soek na ’n Insidentkoördineerder - Reaksiebeampte in Kloofsig, Centurion gebaseer sal wees.

Die doel van die pos is om noodreaksies vanuit die Beheerkamer vinnig en effektief te koördineer. Die kandidaat sal verantwoordelik wees vir die vestiging van ’n Taktiese Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS), taktiese koördinering van eksterne reaksie-eenhede (buurtwagte, paramedici, SAPD en ander noodreaksie rolspelers) en om professionele kommunikasie tussen alle rolspelers te verseker. Verder is die doel van die pos om intydse taktiese terugvoer te gee aan die beheerkameroperateurs om sodoende die operasionele doeltreffendheid van die noodreaksies te verseker.

Minimum kwalifikasies sluit in 'n PSiRA graad C met ‘n reaksie offisier kursus, minstens twee tot drie jaar ervaring in beheerkameroperasies of insidentbeheer asook Besigheid wapenbevoegdheid. Ondervinding in taktiese noodreaksie dienste sal voordelig wees. Die kandidaat moet ook kennis hê van toepaslike wetgewing soos PSIRA en SAPD-riglyne, sowel as uitstekende kommunikasie-, analitiese en tegnologiese vaardighede toon. Geldige bestuurslisensie (kode B) is ook ‘n vereiste.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir:

• Koördinering van rolspelers se noodreaksies op taktiese vlak.

• Leiding aan buurtwagte en protospanne tydens hoërisiko-insidente.

• Effektiewe samewerking met vrywilliger strukture, SAPD, privaat sekuriteitsfirmas, diensverskaffers, vennote en ander eksterne rolspelers.

• Ondersteuning aan spesialis- en bystandsdienste.

• Akkurate rekordhouding en verslagdoening vir regs- en bestuursdoeleindes.

Ons benodig ’n kandidaat met sterk leierskapsvaardighede, uitstekende kommunikasievermoë, en 'n vermoë om doeltreffend onder druk te werk. Integriteit en betroubaarheid is noodsaaklik vir hierdie rol.

Original job Reaksiebeampte (Insidentkoördineerder) posted on GrabJobs ©. To flag any issues with this job please use the Report Job button on GrabJobs.
Share Job
Share Job

Auto-Apply to Reaksiebeampte (Insidentkoördineerder) Jobs with your AI JobCopilot

thunder icon Auto-Apply with AI

Similar Reaksiebeampte (Insidentkoördineerder) Jobs in South Africa

GrabJobs is the no1 job portal in South Africa, connecting you to thousands of jobs fast! Find the best jobs in South Africa, apply in 1 click and get a job today!

Mobile Apps

Copyright © 2026 Grabjobs Pte.Ltd. All Rights Reserved.