Job Description - Sekuriteitsbeampte

Maatskappybeskrywing

CFAM Technologies (Potchefstroom) is op soek na ’n betroubare Sekuriteitsbeampte om sekuriteitsdienste by ons fabrieksterrein te verrig. Die pos vereis ’n goeie begrip van toegangbeheer, waaksaamheid en professionele optrede.

Beskrywing van betrekking

Sleutelpligte sluit in:

  • Bemanning van die beheerkamer (monitering, kommunikasie en verslagdoening).
  • Toegangbeheer: koördinering en beheer van toegang tot die perseel volgens CFAM se reëls en prosedures.
  • Koördinering van personeel-inspeksies waar nodig tydens in- en uitklok/ingang en uitgang.
  • Perimeterpatrollering en roetine veiligheidskontroles.
  • Basiese inspeksies en beheer waar skrootmetaal/materiaal verwyder word (voorkoming van verlies en onbevoegde verwydering).
  • Hantering van insidente, opvolg van prosedures en tydige eskalasie na bestuur waar nodig.

Kwalifikasies

Voordele (nie noodsaaklik nie):

  • Vorige ervaring in ’n industriële/fabriek-omgewing.
  • Ervaring met CCTV/moniteringstelsels, toegangsbeheer-stelsels en voorvalverslae.

Bykomende inligting

Minimum vereistes:

  • Geldige PSIRA-registrasie 
  • Bewese ervaring in toegangbeheer en terrein-/fabriek-sekuriteit (voorkeur).
  • Goeie kommunikasievaardighede en vermoë om streng prosedures konsekwent toe te pas.
  • Fisies fiks en bereid om skofte, naweke en openbare vakansiedae te werk.
  • Nugter, eerlik, waaksaam en professioneel (verwysings sal nagegaan word).

Aansoekproses:

Stuur CV, PSIRA-bewys, sertifikate en 2–3 verwysings. Kandidate kan onderwerp word aan agtergrondverifikasie, praktiese assessering en/of toetsing volgens maatskappybeleid.

(Werksplek: Potchefstroom. Slegs geskikte kandidate sal gekontak word.)

CLOSING DATE: 31 January 2026

Original job Sekuriteitsbeampte posted on GrabJobs ©. To flag any issues with this job please use the Report Job button on GrabJobs.
Share Job
Share Job

Similar Sekuriteitsbeampte Jobs in South Africa

GrabJobs is the no1 job portal in South Africa, connecting you to thousands of jobs fast! Find the best jobs in South Africa, apply in 1 click and get a job today!

Mobile Apps

Copyright © 2026 Grabjobs Pte.Ltd. All Rights Reserved.