Logo-of-Afriforum-hiring-for-jobs-in-South-Africa-on-GrabJobs

Verkoopsagent

icon building Company : Afriforum
icon briefcase Job Type : Full Time

Number of Applicants

 : 

000+

Click to reveal the number of candidates who applied for this job.
icon loader
icon loader

Let AI Supercharge Your Job Hunt!

JobCopilot scans 500,000+ company career sites daily to find jobs for you

Never miss an opportunity Save hours by auto-filling applications forms Land more interviews with tailored applications
happy man
thunder iconActivate JobCopilot

Job Description - Verkoopsagent

AfriForum Dienste

Verkoopsagent

AfriForum Dienste is tans op soek na ’n verkoopsagent wat in Bloemfontein gebaseer sal wees.

Die doel van die Verkoopsverteenwoordiger is om AfriForum se produkte en dienste in Bloemfontein te bemark en te verkoop deur kliënte te werf, verkope te genereer, en langtermynverhoudings met kliënte te bou. Die pos is daarop gemik om AfriForum Dienste se verkoopsdoelwitte, soos deur die lynhoof bepaal, te bereik en volhoubare groei in die kliëntebasis te verseker. Verder sal die verkoopsverteenwoordiger in samewerking met ander AfriForum personeel en strukture verskeie projekte en veldtogte beplan, implementeer en koördineer ter ondersteuning van AfriForum Dienste se bemarking en verkoopsdoelwitte.

Die minimum kwalifikasies en ondervinding sluit in ’n Tersiêre Kwalifikasie (Graad of Diploma), asook ’n minimum van twee jaar werksondervinding in die verkoop van kommersiële produkte en dienste. Verder sal ‘n begrip van die plaaslike gemeenskap se diensbehoeftes in Bloemfontein en ‘n begrip van digitale bemarkingsplatforms soos Facebook en WhatsApp voordelig wees.

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volgende aspekte:

  • Kliëntwerwing en -behoud vir spesifieke produkte en dienste.
  • Behaling van verkoopsdoelwitte soos bepaal deur die lynhoof.
  • Ontwikkeling en implementering van bemarkings- en promosie-veldtogte.
  • Verseker kliënte se diens tevredenheid deur vinnige en professionele steundienste.
  • Koördinering van projekte en veldtogte in samewerking met ander AfriForum-strukture.
  • Doeltreffende administratiewe bestuur en rekordhouding.
  • Optimalisering van begrotingsdoelwitte vir verkope, promosies, advertensies, bemarkingsveldtoge en ander verkrygingskostes.

Ons is op soek na ’n kandidaat wat betroubaar en eties is met uitstekende interne en eksterne kommunikasie-, probleemoplossing-, sowel as administratiewe en organiseringsvaardighede. Die vermoë om te motiveer en inspireer sal ook tot jou voordeel strek.

Klik hier om vir die pos aansoek te doen. Aansoeke moet voor of op 21 Februarie 2025 ingedien word.

Indien jy nie terugvoer ontvang binne drie weke ná die sluitingsdatum nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.

Original job Verkoopsagent posted on GrabJobs ©. To flag any issues with this job please use the Report Job button on GrabJobs.
Share Job
Share Job

Auto-Apply to Verkoopsagent Jobs with your AI JobCopilot

thunder icon Auto-Apply with AI

Similar Verkoopsagent Jobs in South Africa

GrabJobs is the no1 job portal in South Africa, connecting you to thousands of jobs fast! Find the best jobs in South Africa, apply in 1 click and get a job today!

Mobile Apps

Copyright © 2026 Grabjobs Pte.Ltd. All Rights Reserved.